heimat mannerheim is 'n trots afrikaanse manskoshuis in bloemfontein
Heimat, ‘n private manskoshuis, is in Augustus 2008 gestig na die sluiting van Pres Reitz- Kamerwoningsop die UV. Die koshuis is ongeveer 150 meter suid van die Universiteit van die Vrystaat geleë te Groenewoudstraat 48, langs die Mediese Fakulteit in Bloemfontein. Dit is ook naby aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie.
Ons is besonder trots op ons ryk geskiedenis en tradisies. Die koshuis word tans bewoon deur sowat 120 studente wat aan die Universiteit van die Vrystaat en SUT studeer en as Heimat aan sport, kultuur en ander studentebedrywighede by die UV deelneem.
Sportprestasie is onlosmaaklik deel van dié trotse geskiedenis. Bekende oud-inwoners wat tans groot rugby speel sluit in: Jannie en Bismark du Plessis (Grey-kollege) - Springbokke; Hendrik van der Merwe (Grey-kollege) - Duitsland; Nico Lee (Affies) en Pieter-Steyn de Wet (Paarl Gimnasium) - Cheetahs; Tabbie du Plessis (Grey-kollege) - OP Kings en in die Europese liga; Martin van den Heever (Jim Fouché) en Hans Grobler (Paarl Gimnasium) - Toulouse, Frankryk.
Ons was dan ook die trotse nasionale wenner van die Steinhoff-koshuistrofee in die Varsity Cup reeks, met ander woorde die beste universiteitskoshuis in rugby in Suid-Afrika (2014). LEES MEER HIER.
Heimat berei jou as volkome mens voor om jou loopbaan met selfvertroue en durf aan te pak en ’n sukses daarvan te maak. Dit word verseker deur Heimat se unieke volle steun-netwerk, insluitende oudinwoners, die NUOR, die bestuur, huiskomitee en senior inwoners.
HEIMAT IS NIE BLOOT ’N KOSHUIS NIE, DIT IS ’N LEEFWYSE.